‘n Mens het mos maar jou kortlys van spesiale spogplekkies wat jy aan binnelandse besoekers hier in die Boland wil wys. Vir my is die 'kersie op die Kaapse kroon' gepluk uit boord van eie kontrei, nl die Hilcrerst-bessieboorde , sowat 10 km buite Stellenbosch.
Hierdie geliefkoosde wegsteekhoekie is geleë in die Banhoekvallei, langs die landskapskone Helshoogtepas tussen Stellenbosch en Franschhoek.
Party vakansiegangers jaag mos teen ‘n spoed langs die R310 om van die een historiese dorp tot by die ander te kom en besef nie dat die eintlike verrassings langs verskuilde klein afdraaipaadjies net in die stilligheid lê en wag om ontdek te word nie.
Net verby die lieflike wingerde teen die hellings van Delaire-wynlandgoed, die gewilde Tokara-restaurant en verskeie ander KaapsHollandse styl wynlandgoed, sak die pad skielik af in so ‘n laagtetjie; skerp links lê die halfversteekte afdraaipad na Raymond en Betty O ‘Grady se bessieplaas, Hillcrest. Let mooi op, ander is jy verby op pad Pniel en Boschendal toe!
Die Engelssprekende eienaars wat vasbeslote was om hul bessieplaas-droom te verwesenlik, het uitheemse indringerbos uitgeroei en aangrensende plaasgrond aangekoop .Hillcrest-bessieplaas word die afgelope 18 jaar suksesvol ontwikkel en bedryf deur die O’Gradys wat die boorde deur die jare aangevul het om ‘n verskeidenheid kultivars, soos young-bessies, "tayberries", Kaapse appeliefies, brame, frambose, om maar 'n paar bekendes te noem, in te sluit.
Die bottel-verpakking word so aantreklik uitgestal en gerangskik; mens kan jou amper nie wegskeur van die rakke en vrieskaste vol heerlikhede nie!
Hierdie bessiesoorte word op verskeie maniere verwerk en bemark - vars, bevrore, as konfyte , stroop, jellies, likeur, of as bessie-asyn wat landswyd in kwaliteit-supermarkte met deli-afdelings aangetref kan word. Ingevoerde en plaaslike gourmet-olyfolies en kersies pryk ook aanvullend op die rakke. Cranberries (rooibosbessie) aard glo nie te goed hier nie , maar die heerlike ingevoerde produk is wel beskikbaar.
Hillcrest is heelwaarskynlik die plaas met die grootste verskeidenheid bessies te koop in die land. Hoofsaaklik organiese metodes word aangewend by die produksie van hul boorde. Sedert die draai van die eeu is vyebome, kweper-, pruim- en koejawelsboorde as nuutste toevoegings ook eksperimenteel aangeplant.
Hoogliggend en versteek agter lieflike geel en wit roosbosse, is daar ‘n ruim , koel teetuin met ‘n keuse van sitplekke binnenshuis of buite onder sambrele, wat uitkyk op die manjifieke bergreekse van die Groot Drakenstein- en Jonkershoek .
Voor jou in die laagtetjie lê die Banhoek-vallei , ‘n landskapskone gesig wat jy nie maklik sal vergeet nie, en wat jou elke seisoen sal terugroep met sy veranderende wingerd-kleurespel.
Om hierdie redes dan , is Hillcrest ons nommer een spogplekkie.- ons 'Kersie op die Kaapse Kroon'. Hillcrest se tuisblad-embleem toon toevallig ook 'n kroon!
Dit was sekerlik die sukses van hierdie unieke, romantiese teetuin wat aanleiding gegee het tot die groot aanvraag na ‘n verskeidenheid unieke bessie-produkte.
Die twee selfsorg kothuise en kamers is hoogs aan te bevole vir ‘n lekker naweek- wegbreek na berg en boord. Wandelings in die werkende boorde en langs die Simonsberg- staproetes kan vir verblyfgaste , of per afspraak vir besoekende groepies gerëel word. Die akkommodasie , restaurant en teetuin is rystoel-toeganklik.
Onthou tog om by jou volgende Kaapse besoek af te draai by Hillcrest en jouself te trakteer op ‘n aptytwekkende gesondheidsontbyt, dekadente kaaskoek met bessie-coulis, room-en-bessietertjies, heerlike aromatiese koffie, of suiwer bessiesap.
Sowaar, geen besoeker kan ‘n geskenkie of twee van die wonderlike plaaslike lekkernye tussen die bessieprodukte en olyfolies weerstaan nie. By vertrek koop jy sommer 'n armvol bergproteas ook .Gaan doen gerus jou heerlike bederf-inkopies vir geliefdes tuis by Hillcrest voordat jy weer moet terugvlieg noorde toe.
‘n Mens het mos maar jou kortlys van spesiale spogplekkies wat jy aan binnelandse besoekers hier in die Boland wil wys. Vir my is die kersie op die Kaapse koek gepluk uit eie boord, nl .die Hilcrerst-bessieboorde , sowat 8 km buite Stellenbosch.
Hierdie geliefkoosde wegsteekhoekie is geleë in die Banhoekvallei langs die lansdkapskone Helshoogtepas tussen Stellenbosch en Franschhoek.
Party vakansiegangers jaag mos teen ‘n spoed langs die R310 om van die een historiese dorp tot by die ander te kom (Stellenbosch en Franschhoek) en besef nie dat die eintlike verrassings langs verskuilde klein afdraaipaadjies lê en wag om ontdek te word nie.
Net verby die lieflike wingerde teen die hellings van Delaire-wynlandgoed, die gewilde Tokara-restaurant en verskeie ander KaapsHollandse styl wynlandgoed, sak die pad skielik af in so ‘n laagtetjie; skerp links lê die halfversteekte afdraaipad na Raymond en Betty O ‘Grady se bessieplaas, Hillcrest. Let mooi op, ander is jy verby op pad Pniel en Boschendal toe!
Die Engelssprekende eienaars wat vasbeslote was om hul bessieplaas-droom te verwesenlik, het uitheemse indringerbos uitgeroei en aangrensende plaasgrond aangekoop .Hillcrest-bessieplaas word die afgelope twintig jaar suksesvol ontwikkel deur die O’Gradys wat die boorde deur die jare aangevul het om ‘n verskeidenheid kultivars, soos young-bessies, "tayberries", Engelse appeliefies, brame, frambose, om maar 'n paar bekendes te noem, in te sluit.
Die bottel-verpakking word so aantreklik uitgestal en gerangskik; mens kan jou amper nie wegskeur van die rakke en vrieskaste vol heerlikhede nie!
Hierdie bessiesoorte word op verskeie maniere verwerk en bemark - vars, bevrore, as konfyte , stroop, jellies, likeur, of as bessie-asyn wat dikwels in die kwaliteit-supermarkte met deli-afdelings aangetref kan word. Ingevoerde en plaaslike gourmet-olyfolies pryk ook aanvullend op die rakke. Cranberries (rooibosbessie) aard glo nie te goed hier nie , maar die heerlike ingevoerde produk is wel beskikbaar.
Hillcrest is heelwaarskynlik die plaas met die grootste verskeidenheid bessies te koop in die land. Hoofsaaklik organiese metodes word aangewend by die produksie van hul boorde. Sedert die draai van die eeu is vyebome, kweper-, pruim- en koejawelsboorde as nuutste toevoegings ook eksperimenteel aangeplant.
Hoogliggend en versteek agter lieflike geel en wit roosbosse, is daar ‘n ruim , koel teetuin met ‘n keuse van sitplekke binnenshuis of buite onder sambrele, wat uitkyk op die manjifieke bergreekse van die Groot Drakenstein- en Jonkershoek .
Voor jou in die laagtetjie lê die Banhoek-vallei , ‘n landskapskone gesig wat jy nie maklik sal vergeet nie, en wat jou elke seisoen sal terugroep met sy veranderende wingerd-kleurespel.
Om hierdie redes dan , is Hillcrest ons nommer een spogplekkie.- ons 'Kersie op die Kaapse Kroon' . Hillcrest se tuisblad-embleem toon toevallig ook 'n kroon!
Dit was sekerlik die sukses van hierdie unieke, romantiese teetuin wat aanleiding gegee het tot die groot aanvraag na ‘n verskeidenheid unieke bessie-produkte.
Die twee selfsorg kothuise en kamers is hoogs aan te bevole vir ‘n lekker naweek- wegbreek na berg en boord. Wandelings in die werkende boorde en langs die Simonsberg- staproetes kan vir verblyfgaste , of per afspraak vir besoekende groepies gerëel word. Die akkommodasie , restaurant en teetuin is rystoel-toeganklik.
Doen jou gaste volgende keer ‘n spesiale guns.en trakteer hulle met ‘n aptytwekkende gesondheidsontbyt, dekadente kaaskoek met bessie-coulis, room-en-bessietertjies, heerlike aromatiese koffie, of suiwer bessiesap.
Sowaar, geen besoeker kan ‘n geskenkie of twee van die wonderlike plaaslike lekkernue tussen die bessieprodukte en olyfolies weerstaan nie. By vertrek koop jy sommer 'n armvol bergproteas ook .Gaan doen gerus jou heerlike bederf-inkopies vir geliefdes tuis by Hillcrest voordat jy weer moet terugvlieg noorde toe.